2020 Chess Worldwide-toernooi: Antieke spel, moderne sport(s)

AAN die regterkant van die skerm is twee gesigte in strak konsentrasie – gefokus.


AAN die regterkant van die skerm is twee gesigte in strak konsentrasie – gefokus.

Hulle gluur en tuur. Een skud sy kop en prewel iets . . . dan maak hy sy skuif. Sy ruiter spring geluidloos oor die biskop op die slagveld van 64 blokkies aan die linkerkant van die skerm.

Die rede: om sy onbekende – en veel ouer – opponent takties te uitoorlê.

Daar kan net een wenner wees.

Aanlyn skaak

Nasionale staat van inperking die wonderwêreld van aanlyn-skaak betree – al is hulle die jongste spelers.

Dié jong, maar entoesiastiese, spelers meet tans kragte met 103 klubs van reg-oor die wêreld – wat universiteit- en nasionale spelers insluit.”

Die slagveld? Die 2020 Chess Worldwide-toernooi op Chess.com.

Topspeler en afrigter Beryl Christodoulou sê: “Laerskool Jeffreysbaai is die enigste laerskool wat aan die toernooi deelneem. Die oudste speler is 13 jaar, terwyl die jongste twee spelers slegs nege jaar oud is.”

“Die eindtelling is nie altyd in ons guns nie, maar die ondervinding wat die leerders opdoen, is van onskatbare waarde,” sê Christodoulou wat al vir sewe jaar die Gr. R- tot Gr.7-leerders by Laerskool Jeffreysbaai afrig. Wedstryde van tien minute en vyf sekondes word elke Maandag en Vrydag gespeel.

Spanne teen wie hulle al kragte gemeet het, sluit in die Moskou Finansiële-Industriële Universiteit (Rusland), die Universiteit van Melbourne (Australië), die Universiteit van Aberdeen (Skotland), Eton College (Engeland), die Aberystwyth Universiteit (Wallis) en D’Ascanio Vintage (Italië), asook die Geelong Skaakklub (Australië) en die Simonstad Skaakklub (Suid-Afrika).

“Hoewel daar ’n paar uitdagings gaan wees wanneer al die leerders terugkeer skool toe, gaan ons ons bes doen om die aanlyn-klub aktief te hou,” sê Christo-doulou.

– MONIQUE BASSON

You need to be Logged In to leave a comment.