AS jou vrou en kinders moeg geluister is na al jou “goeie ou dae” se weermagstories, word daar binnekort ’n geleentheid aangebied wat jy dan nie durf misloop nie!
Gaan kuier saam by Bosparade wat deur Johan Roets aangebied word, waar jy al jou weermagstories met makkers en verskeie groot kokkedore uit vervloeë dae sal kan deel.
Op 28 Augustus word daar om 11:00 ’n laatontbyt aangebied en as jy dan nog nie kans gekry het om jou ervaringe te deel nie, bly dan vir die spitbraai om 17:00 waar die groot “kanonne” uitgehaal sal word.
Die Bosparade word by die Pabala-na- tuurreservaat, 7 km voor Hankey op die Loeriepad, aangebied. Die geselligheid kos R250 per persoon en daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees.
Stuur ’n e-pos aan Johan by jjroets3@gmail.com om jou plek daarvoor te bespreek en vir meer inligting oor be-skikbare verblyf.
Verskeie oornagfasiliteite is ook by die Pabala-natuurreservaat beskikbaar.
Skakel hulle by 082 650 2730 of 042 296 2950 of stuur ’n e-pos na info@pabalagamefarm.co.za.