GARANZIA-aftreeoord in Jeffreysbaai bied kopers verskeie aantreklike geleenthede: goeie veiligheid, maklike toegang tot mediese geriewe, sowel as winkels en selfs kerke na aan die oord.
Benewens die mooi omgewing en rustigheid wat inwoners hier kry, is daar heelwat ander faktore wat dié plek so gesog maak.
Ds. Charlie Bond van Garanzia, sê: “Die meeste mense wat ’n eiendom in ’n aftreeoord koop, wil graag die res van hul lewe daar woon. Dit is dus belangrik dat die oord oor al die geriewe beskik wat hulle in ’n latere stadium kan benodig – soos mediese geriewe, verswaktesorg en ondersteuning. “En natuurlik hoe die plek lyk.”
Garanzia, geleë op die hoek van Koraal- en Dolly Vardenstraat, spog met 30 eenhede in die eerste fase wat reeds voltooi en verkoop is. In die tweede fase van 20 eenhede, is nog net drie beskikbaar.
Daar word eersdaags met ’n derde fase begin.
Die eenhede bestaan uit twee slaapkamers, ’n badkamer en leefarea. Die moderne kombuis is met ’n stoof toegerus en kom met ’n granietoppervlak.
’n Klein studeerkamer kan maklik in die motorhuis, groter as die standaard motorhuis, ingerig word.
Die bekostigbare maandelikse heffing sluit in: 24-uur sekurteit, alle belastings, tuindienste en die onderhoud van geboue (slegs die buitekant).
Nooddienste is beskikbaar, en inwoners het volle toegang tot die hoë-gehalte fasiliteite wat Jeffreysrus voorsien: siekeboeg waar daar altyd ’n noodbed beskikbaar is.
Verder word inowners van ’n noodknoppie voorsien. Dié is met die siekeboeg verbind.
Administrasie word hanteer deur Jeffreysrus Aftreeoord, wat nou saam met Garanzia werk.
’n Mediese suster van Jeffreysrus lewer kliniekdienste aan inwoners en monitor hul gesondheid.
Die haarsalon, naelsorg, kliniek, sosiale geleent-hede en Donderdae-etes is teen ’n minimale koste beskikbaar.
Daar is weeklikse vervoer na plaaslike besighede beskikbaar, en inwoners kan ook by die dienssentrum aansluit.
Garanzia-inwoners betaal dieselfde skaalta-riewe as die permanente inwoners van Jeffreys-rus.
“Garanzia is ’n pragtige, rustige aftreeoord wat gemoedsrus aan die inwoners bied,” sê Bond.
Vir meer inligting, skakel Bond by 083 621 6643.