PAK op, pak op sit jou goedjies op jou kop en onderneem ’n nostalgiese mu- siekreis deur Suid-Afrika.

Die ATKV-tak Brandervolts in Jeffreysbaai bied op 26 Julie Terra Nostra (Ons Land) by The Bay Pasta Co. in Jeffreysbaai aan.

Die vertoning word deur Menno Mostert, Tersia Strydom, Petri van Blommestein en Machteld Smith aangebied.

The Bay Pasta Co. open om 18:00 en die vertoning begin om 20:00.

Kaartjies kos R100 per persoon.

Vir besprekings, stuur ’n epos na sonyadoris@gmail.com of skakel 078 087 2806.

You need to be Logged In to leave a comment.