DIE ATKV-tak Brandervolts bied op 28 en 29 November ’n Kersfees-produksie om 20:00 by The Bay Past Co in Jeffreysbaai aan.
Voorsitter Menno Mostert sê: “Die geboorte van Jesus bly die grootste geskenk aan die mensdom.
“Oud en jonk gryp dit aan en beleef al die fasette van die sprokieselement – vanaf fantasie tot die harde werklikheid van konflik, pyn, lyding, vreugde liefde en omgee.
“Dit loop soos ’n goue draad deur die ge- skiedenis en bring hoop in ons stukkende wêreld. Maak vanjaar die Kersboodskap jou eie, en leef dit uit.”
Die vertoning word deur Mostert, Tersia Strydom, Petri van Blommestein, Machteld Smith, Donovan Young en Annamarie Serrao aangebied.
Kaartjies kos R100 per persoon.
Vir inligting, skakel 078 087 2806 of 042 293 3564.
Stuur ’n epos na sonyadoris@gmail.com.