Top-atlete van die Hoërskool Nico Malan in Humandorp het 27 medaljes – elf goud, sewe silwer en nege brons – tydens die onlangse PE Skole-atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth opgeraap. Alwyn van Niekerk (foto) is as die Victor Ludorum aangewys, terwyl Trinika Brik? met die Victrix Ludorum-titel weggestap het. Roland van Wyk (o.17-gewigstoot, derde), AJ van Vuuren (o.17 110m-hekkies, elfde), DJ Zietsman (o.15 110m-hoogspring, 17de) en Alwyn van Niekerk (o.17) 150m, 18de) is onder die top 20 beste seunsatlete. Foto:VERSKAF