GOED . . . beter . . . beste – hulle is blitsvinnig en ván hulle kan “vlieg”.
Agt top Kouga-atlete het tydens die onlangse provinsiale skole-atletiekbyeenkoms in Cradock verskeie medaljes verowers en rekords in die stof laat bly. Hulle neem later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Skole-atle-tiekbyeenkoms deel.
In die verspring vir meisies o.17 het Trinika Brink, ’n graad 11-leerder by die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp, deur die lug geseil om die nuwe OP-rekordhouer te word. Sy het verder ’n medalje in die 100m-hekkies verower.
Graad 12 Nico Malan-leerder, Valentino Verwey (0.19), se vertonings in die 1 500m en 800-naellope laat hom onder die voorste atlete in die nommers in sy ouderdomsgroep in die land tel. In die 200m-hekkies vir o.13-seuns het Cearon Felix van die Laerskool Stulting in Humansdorp koning gekraai – en die OP-rekord verbeter.
Graad 8 Nico Malan-leerder, Bryan Kattoo, was die kampioen in die 100m-hekkies. Hy is die nuwe OP-rekordhouer vir die item.
Aidann Roach, ’n graad 12-leerder by die Global Leadership Academy (GLA) in Jeffreysbaai het sy staal in verspring vir o.19-seuns gewys, terwyl Graad 4 die Laerskool Jeffreysbaai-leerder, Hunter Justus, in die 80m en 100m vir o.11-seuns geseëvier het.
Spoedvraat Nina Strydom, ’n graad 5-leerder by Jeffreysbaai, het ’n puik vertoning in die 80m vir o.11-meisies gelewer.
Graad 6 Jeffreysbaai-leerder, Anzelle Botes, was die kampioen in die 150m vir o.12-meisies.
Dié atlete, wat almal hul persoonlike beste tye en afstande tydens die byeenkoms opge-stel het, word deur die voormalige provinsiale atletiekkampioen en -afrigter, Jannie van Nie-kerk van Sport Excellence, touwys gemaak.
Van Niekerk rig atlete vir die afgelope vyf jaar in Kouga af.