Eerskomende naweek gaan 28 rolbalspanne van regoor die Oos-Kaap aan ’n aksiebelaaide naweek propvol rolbal by die Jeffreysbaai-rolbalklub deelneem.
Dié Summerfest van 4 tot 6 November word deur Investec geborg en spanne sal vir ’n plek onder die top 10 kragte meet.
Op 11 November word die jaarlikse J’bay Trips-rolbalkompetisie, wat deur Dirk Ellis geborg word, by die klub aangebied.
Die daaropvolgende naweek, 19 en 20 November, gaan 30 spanne aan die J’bay Novice Trips deelneem.
Spanne van oral, vir spelers met vyf jaar of minder ondervinding, het ingeskryf vir dié gesellige toernooi wat deur Personal Trust geborg word. Die Novice Trips toernooi is baie gewild onder nuwe spelers en die kompetisie is sterk.
– UITGEREIK: JEFFREYSBAAI-ROLBALKLUB