Boekwurms: Blaai nader vir LeesFees

’N LIEFDE vir lees is die spilpunt waarom die eerste JBay LeesFees dié naweek sal draai.


’N LIEFDE vir lees is die spilpunt waarom die eerste JBay LeesFees dié naweek sal draai.

Die Bay Pasta Co, in samwerking met Kouga-munisipaliteit en Jeffreysbaai-toerisme, hou vanaf 24 tot 26 September die eerste JBay LeesFees – die eerste van ’n jaarlikse fees vir boekwurms.

Die gesprekke, aanbiedings en vermaak sluit in die bekendstelling van nuwe fiksie, onderhoude met gewilde skrywers oor hul topverkoperboeke en paneelbesprekings oor kwessies in die boekewêreld.

Die fees skop af met Carina Stander, Louuise Viljoen en Antoinette Viljoen wat oor hul boeke gesels, terwyl St. Francisbaai-inwoner, Frank Nunan van Write on Publishing, meer oor sy werk gaan vertel.

Louuise Viljoen praat met Carina Stander oor haar nuutste boek, Die Wonderwese. Sy is ook die skrywer van Die Bergengel, Wolkland en Wildvreemd. Die aand sluit met ’n klassieke musiekvertoning af.

Op 25 September begin die dag se aanbiedinge met ’n gesprek met Heilna du Plooy, Lucia Prins-loo, Frank Nunan en Zalman Davies van Minimalist Press.

’n Gesprek tussen Valiant Swart en Heilna du Plooy sal fokus op poësie, terwyl Valiant Swart die aand optree.

Die Saterdag is provol boekejolyt: Deon Meyer en Jan Vermeulen vertel meer oor hul jongste boeke. Luna Paige tree die aand op.

“Lees en boeke is belangrik,” sê mede-organiseerder Estelle de Beer. “Die doel van dié fees is om die liefde vir die geskrewe woord en ’n leeskultuur aan te wakker – terwyl jy pret het.”

Vir meer inligting, skakel 071 515 4412.

24 September

  • 11:30 –Ontmoet skrywers Louuise Viljoen, Antoinette Venter en Frank Nunan.Kaartjies kos R40 per persoon en sluit koffie en southappies in.
  • 16:00 –Welkom drankies met Raytheo Africa op die vleuelklavier.
  • 17:00 –Louuise Viljoen in gesprek met Carina Stander oor hulle gunsteling boeke, gedigte, lirieke en skrywers.
  • 19:00 –Klassieke musiekvertoning met Mathilda Hornsveld (klavier), Elmarie van der Vyver (viola) en Liza Klopper (fluit). Kaartjies kos R200 per persoon en sluit verwelkomingsdrankies in.

25 September

  • 11:30 –Ontmoet Heilna du Plooy, Lucia Prinsloo, Frank Nunan en Zalman Davies.Kaartjies kos R40 per persoon en sluit koffie en southappies in.
  • 16:00 –Welkom drankies met Raytheo Africa op die vleuelklavier.
  • 17:00 –Valiant Swart en Heilna du Plooy gesels oor poësie.
  • 19:00 –Vertoning deur Valiant Swart.Kaartjies kos R200 per persoon en sluit verwelkomingsdrankies in.

26 September

  • 11:30 –Ontmoet Deon Meyer, Jan Vermeulen en Lucia Prinsloo.

Kaartjies kos R40 per persoon en sluit koffie en southappies in.

  • 16:00 –Welkom drankies met Raytheo Africa op die vleuelklavier.
  • 17:00 –Deon Meyer en Jan Vermeulen praat oor hulle onderskeie romans.
  • 19:00 –Vertoning deur Luna Paige.Kaartjies kos R200 per persoon en sluit verwelkomingsdrankies in.

You need to be Logged In to leave a comment.