Brendan Peyper reg om te sokkie

DIE Laerskool Jeffreysbaai hou op Vrydag, 24 Januarie ’n sokkie-aand met die gewilde Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie-sangsensansie, Brendan Peyper.


DIE Laerskool Jeffreysbaai hou op Vrydag, 24 Januarie ’n sokkie-aand met die gewilde Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie-sangsensansie, Brendan Peyper.

Die jong Suid-Afrikaanse sanger, wat in 2015 met sy debuutalbum getref het, spog met ’n hele rits treffers: Vanaand sê ek net Ja, Jy Laat dit Maklik Lyk, Twee is Beter as Een, Klim jou Everest, Mooi en Hy Loop Oop.

Die sokkie-aand skop op 24 Januarie om 17:00 by Mentors Country Estate in Jeffreysbaai af, terwyl Brendan om 18:00 die groot jo-lyt begin.

Die dansvloer open om 20:00.

Kaartjies, beskikbaar by die skool en by die deur op die aand van die vertoning, kos R100 (onbespreekte plekke) en R120 (bespreekte plekke) per persoon.

Fondse ingesamel, is ten bate van die Graad 7-toer.

Vir meer inligting, skakel Maria by 082 773 7159 of Githe by 082 556 8967. – MEDEWERKER

You need to be Logged In to leave a comment.