Vervolg van bl. 22
DAAR is ook baie wat die professionele span oor die jare geleer het.
En natuurlik beleef het.
Baie geleer, beleef
Volgens dr Barbara Hoek het hulle baie oor die afgelope tien jaar geleer, en interessante dinge beleef.
Daar was ’n hond wat deur ’n pylstert in die borskas gesteek is, nog een het sy eienares se sykouse ingesluk en ’n derde het ’n sosatiestok ingesluk – dié het by sy ribbes uitgesteek.
Dan was daar die aggressiewe anakonda in ’n streepsak en die groot os met ’n sny bo sy oog – met geen kraal in sig nie.
En nou en dan is daar die uitroep na ’n uitgespoelde dolfyn of beseerde rob.
Baie dankie
“Ons sê baie dankie vir die gemeenskap van Kouga en Koukamma vir hulle lojale ondersteuning die afgelope tien jaar,” sê Lategan.
“Dit is baie harde werk, maar ook baie vervullend. Ons sou nooit kon doen wat ons nou doen, sonder die ongelooflike ondersteuning van die gemeenskap nie.
“Ons het ’n fantastiese personeelspan by CapeCross – aan elkeen baie dankie vir julle harde werk en toewyding.
“Ons wil ook dankie sê en al die eer bring aan ons Hemelse Vader wat ons lei en seën.”