HARDE werk, ’n droom, ’n servet en ’n liefde vir diere – veral dié in nood, klein of groot.
Ná jare van droom – reeds in hul studentejare in die anatomiesaal – deeglike beplanning en navorsing, het vier veeartse (twee getroude pare) hul ideaal om ’n praktyk op die been te bring, in 2009 bewaarheid: CapeCross Dierehospitaal in Jeffreysbaai en Karee-douw.
Dié vier het eers die wêreld verken en waardevolle ondervinding in Engeland opgedoen. Tot die roepkreet terug Suid-Afrika toe te sterk geword het.
Beplanning en navorsing is in hulle vrye tyd oor naweke gedoen. Die uitleg van die eerste dierehospitaal is op ’n servet in Frankies & Bennies geteken – en pryk al die jare teen die kantoormuur.
Waarom Jeffreysbaai?
“Ons wou in die platteland bly, waar die lewe rustiger en gesinstyd ’n prioriteit is,” sê dr. Magdalena Lategan.
“’’n Praktyk in Kareedouw was in die mark, Jeffreysbaai was vinnig aan die uitbrei. Die twee dorpe is in die gebied geleë met die grootste konsentrasie melkbeeste.
“Dit was die logiese stap om ons hier te kom vestig.”
Vervolg op bl. 23