DIRK Ellis Volkswagen in Jeffreysbaai is bobaas met puikklantesorg.

Dít volgens ’n omvattende opname deur IPSOS Suid-Afrika. Die opname sluit in onderhoude met kliënte wat voertuie gekoop of laat diens het.

In 2018 het hulle kliënte hul as nommer een in die klante-tevredenheidsnavorsing (klante-tevredenheidsindeks) oor al 108 Volkswagen-handelaarskappe aangewys.

Gevra waarom hulle as Suid-Afrika se beste handelaarskap aangewys is, sê bemarkingsbestuurder Werner van Wyk: “Dirk Ellis Volkswagen lei die groep al meer as drie dekades op sleutelareas soos kliënte- diens.

“Ons eerste prioriteit is om sterk verhoudings met ons kliënte te bou, daarom sal ons altyd streef om hul verwagtinge te oortref deur hulle van die beste gehalte voertuie en uitstekende diens te voorsien.

Ons stel belangrike teikens en meet ons sukses – die rede waarom ons so ‘n trotse rekord het.”

Hulle is die toonaangewen-de Volkswagen-handelaar in die land, en spog met die volgende toekennings: Club of Excellence (Dirk Ellis Volkswagen), Golden Pin (Jacques Herselman), Nuwe Motors Verkoopsbestuurder (Dirk Ellis jr.), MasterCars Verkoopsbestuurder (Werner Olivier), Groep Partbestuurder (Paul Kotzé) en MasterCars Verkoopsverteenwoordiger (Johan van Rensburg).

Die groep stel die gesogte toekennings hoog op prys, en erken topprestasie oor alle besigheidsdissiplines in die groei van die handelsmerk,” sê Van Wyk.

Hy sê dat hulle vanjaar graag dien posisie wil behou.

“Ons bedank ons waardevol-le kliënte vir hul besigheid en deurlopende ondersteuning.”

You need to be Logged In to leave a comment.