MOENIE die 2025 MelkFees by die Ferry Hotel op 1 en 2 Maart misloop nie.

Vanjaar se program spog met kunstenaars soos Tino, Barto, Jakkie Louw, Chris Steyn en Jo Black. Stalletjies open reeds 8vm en sal oop wees tot 6nm.

Feesgangers word ook genooi om ’n selfmaak kaas en jogurt demonstrasie by te woon terwyl die kinders ontspan in die “Fun Zone”. Bester en Jouberta gaan ook die kleinspan op Sondag vermaak.

SABBS bied ’n boerboel vertoning aan terwyl daar ook ’n vertoning is deur Algoa Bay German Shepherd Club en Schutzhunde K9 honde-eenheid. Nog ’n hoogtepunt is die Mnr. en Mej. Melkfees kompetisie.

Kaartjies vir die Melkfees beloop R120 per dag vir volwassenes en R180 vir die naweekpas. Vir kinders (5-17 jaar) is dit R90 per dag en R130 vir die naweekpas. Kaartjies is beskikbaar by Quicket of by die ingang. Vir meer inligting, gaan na die MPO Melkfees op Facebook of skakel vir Anri op 064 934 3951.

You need to be Logged In to leave a comment.