Dorp van Drome se lede rol weer moue op

LEDE van die Dorp van Drome, “Village of Dreams” rol op 11 Maart weer moue op om Jeffreysbaai blink te poets.


LEDE van die Dorp van Drome, “Village of Dreams” rol op 11 Maart weer moue op om Jeffreysbaai blink te poets.

Dit ná hulle weens die COVID-19-pandemie vir bykans ’n jaar nie kon woeker en skoffel nie.

“Ons hoop dat alle inwoners – oud en jonk – betrokke raak by die Dorp van Drome, wat nóú saamwerk met Kouga-munisipaliteit,” sê Dorp van Drome voorsitter, Charles Bakker.

“Jeffreysbaai behoort aan sy inwoners, en ons is die mense wat ’n positiewe verandering kan bewerkstellig en sodoende meer besoekers en besighede na ons mooi omgewing lok.”

Hulle kan egter nie die dorp sonder die hulp van die gemeenskap opruim en mooi maak nie. Hulle benodig onder meer donasies van verf, verfkwaste, tuingereedskap, besems en plante – maar meeste van alles, hande.

“So ontmoet jy ook nuwe vriende en word deel van ’n tradisie en nalatenskap, sê Bakker. “Ons bemoedig alle sake-ondernemings, toegewyde ampte-nare en energieke inwoners om proaktief betrokke te raak om van Jeffreysbaai ’n dorp te maak waarop almal trots kan wees.”

Die dromers kom elke Donderdag vanaf 08:30 tot 12:00 byme-kaar. Vrywilligers moet hulle eie gereedskap, sonblok, hoed en water bring.

Vir meer inligting, kontak Bakker by 060 526 1086 of besoek die Dorp van Drome Facebook-blad.

You need to be Logged In to leave a comment.