Dubbelgoud-sanger wat dokter wil word

“DIE lewe is soos ‘n niekerbol – hard, maar baie lekker,” is die stukkie lewenswysheid waarmee die 15-jarige Geo Marx elke dag aanpak.


“DIE lewe is soos ‘n niekerbol – hard, maar baie lekker,” is die stukkie lewenswysheid waarmee die 15-jarige Geo Marx elke dag aanpak.

Dit is die jongman wat so tussenin sy skoolwerk reeds Musiektea-ter Vlak 3 van Londen se Trinity Musiekskool met onderskeiding geslaag het. En dokter wil word ná matriek.

Imponerend is hy bepaald – 1.93m (byna 6 voet vier duim in die ou taal), rustig, byna gelate, en met ’n wysheid wat jy by ’n veel ouer mens verwag. Maar sonder enige aansitterigheid, net soos sy af-skeidwoord: “Ek hou van kortbroeke en kaalvoet loop.”

Geo is ’n boorling van Port Elizabeth en tans leerling by die Global Leadership Academy (GLA) in Jeffreysbaai. Maar sy liefde vir mu- siek is vroeg reeds deur Jannie Venter by die Victory Christian School in Jeffreysbaai aangewakker. “Daar is die eerste vlammetjie aangesteek, en dit het verlede jaar ernstig begin brand by die musiekskool van CAMA in Port Elizabeth.”

Sy deelname aan kompetisies was tekenend van die toegewyde jongmens wat hy is.

Hy het twee optredes saam met die VCS-koor gehad en in April verlede jaar het hy dubbelgoud en goud in die Talent for Africa finaal in Port Elizabeth behaal en na die nasionale ronde deurgedring. Hy het ook drie goue toekennings tydens die Sondagsrivier Talentfees ontvang.

Hy hoop om in die toekoms ki-taarspel by sy musiekervaring te voeg.

Hy sou niks verander as hy weer van voor af moes begin nie. Vir hom draai sy lewe eerstens om sy verhouding met Christus, en hy sou graag Israel wou besoek, omdat dit so ’n klein landjie is met Vaderkrag. “Dié land laat my altyd dink aan die klein leeutjie wat klink asof hy vreeslik brul, maar eintlik is dit sy pa agter hom.”

Hy maak ook tydens atletiekseisoen tyd vir gewigstoot. Sy ma is afrigter van dié sportsoort. Die ouers is albei paramedici en bedryf ’n ambulans- diens. Vandaar dalk sy begeerte om later medies te studeer. Met die oog daarop probeer hy veral vanjaar hard om sy punte in algemene natuurwetenskap op te stoot.

Heel filosofies oor sy eie tekortkominge, sê die sagmoedige jong reus: “Ek praat dalk te veel. Maar aan die positiewe kant probeer ek altyd regverdig en sagmoedig wees. Ek is dankbaar vir geleenthede en is baie nuuskierig om meer te weet.

“Om die liefde van Christus uit te straal, is vir my belangrik. Ek het hoop vir die toekoms. Daar is altyd hoop.”

You need to be Logged In to leave a comment.