Eerste ‘Top 20’-toer is op pad

VANJAAR merk die begin van die heel eerste Top 20-toer wat binnekort ook ’n draai in Nelson Mandelabaai sal maak.


VANJAAR merk die begin van die heel eerste Top 20-toer wat binnekort ook ’n draai in Nelson Mandelabaai sal maak.

Vir dié wat nie weet nie: Top 20 is een van die top TV-programme op kykNET NOU! en kuier elke Vrydagaand om 20:00 saam met die gehoor. Aanbieder Willem Botha kuier saam met musiekvriende in die ateljee en tel die week se top 20 musiekvideos af.

Maar nou gaan Willem die pad saam met die talentvolle Franja du Plessis vat. Dié twee gaan saam gehore vermaak met ’n opskop-vertoning gevul met al die gehoor se gunsteling treffers.

Die twee is in aksie vanaf Centurion tot in George tussen 23 Februarie en 6 Maart met 11 konserte en meer as 20 skoolbesoeke.

Hulle sal op 1 Maart om 20:00 by The Barn in Port Elizabeth te sien wees. Kaartjies is R70 per persoon en is by 071 320 1504 beskikbaar.

Twee dae later, op 3 Maart, sal hulle op die verhoog by The Bay Pasta Co in Jeffreysbaai om 16:00 verskyn. Kaartjies teen R120 is van 042 293 3564 beskikbaar.

Vir inligting, besoek www.top20toer.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.