Boet Potgieter (links), wat 92 geword het op 8 Junie en Hoffie Williams wat 92 geword het op 8 Oktober verlede jaar, isalbei inwoners van Jeffreysrus Aftree-oord. Foto:VERSKAF


Boet Potgieter (links), wat 92 geword het op 8 Junie en Hoffie Williams wat 92 geword het op 8 Oktober verlede jaar, isalbei inwoners van Jeffreysrus Aftree-oord. Foto:VERSKAF

Boet Potgieter, wat 92 geword het op 8 Junie, en Hoffie Williams wat 92 geword het op 8 Oktober verlede jaar, is albei inwoners van Jeffreys-rus aftree-oord.

Dié twee oues is die enigste twee oorblywende lede van 1945 se matriek-klas van Humansdorp Hoërskool. Nico Malan was toe ’n prokureur op Humansdorp, en sy seun Jean, was ook in dié klas. Nico het later LPR geword, en toe Administrateur van Kaapland, en in dié hoedanigheid het die nuwe skool, wat op ’n ander perseel gebou is, sy naam gekry.

Op die 8ste het Jeffreysrus se inwoners inentings gekry teen die COVID-19-virus. Die ouer geslag word dikwels gevra of daar al ooit so ’n landswye ontwrigting was, en die geskiedenisboeke noem ten minste vier, waarvan een in vandag se negentigjariges se ervaringsveld lê.

Vir nommer 1 kan genoem word die runderpes van 1896. Dit was die tyd van togryers toe ossewa-vragte goedere die land deurkruis het, van plaas na dorp na stad en terug. Talle spanne van 16 trekosse het daardie tyd onder die juk siek geword en gevrek, en die drywer hulpeloos gelaat. Boere met spanne perde, muile en donkies het uitgehelp waar moontlik, want daardie diere het nie siek geword nie.

Nommer 2, die Engelse oorlog van 1899 tot 1902, met hulle verwoesting-beleid.

Nommer 3 die Groot Griep van 1918, toe terugkerende soldate van die Eerste wêreldoorlog dié pes saam met hulle gebring het.

Nommer 4, die Tweede Wêreld-oorlog, van 1939 tot 1945, wat presies in vandag se negentigjariges se skooljare val, Hulle onthou vandag nog die jare van rantsoenering, toe Ma nie mag meel gesif het vir koek bak nie. Petrol was net per koepon te koop. Die verdonkering, as die huis se gordyne ’n skrefie lig gewys het saans, het die polisie kom klop. Die radio het aanme- kaar ’n eentonige deuntjie gespeel: Don’t talk about ships. Die Duitse duikbote was hier om die land, is later uitgevind.

Skoolkinders, veral in hawestede, het gebeurlikheidsoefeninge gedoen soos wat om te doen as ’n alarm afgaan.

Alles van metaal was skaars in die winkels, selfs spelde, want die wapenfarieke moes dit gebruik.

Hoffie Williams
Jeffreysrus

You need to be Logged In to leave a comment.