Graad 7-leerders van die Hankey Primêre Skool het tydens die skool se jaarlikse entrepreneursdag die geld laat inrol – die meeste sedert dié dag van stapel gestuur is. Dié dag vorm deel van hulle Ekonomiese Bestuurswetenskap-projek. Hoofseun Zavian Human, Enrique Kramer, Rushane Booysen, Delano Draai, Lathaniel Smith, Curwin Swemmer, Josh Fortuin, Esra Afrikaner en Rijustiano Fortuin stel hul verkoops- en bemarkingsvaardighede ten toon. Foto:VERSKAF