DIE Evangelies Gereformeerde Kerk (EGK) in Gamtoosvallei hou op Saterdag, 26 Oktober hul jaarlikse markdag.
Die geur van kaneel, braaivleisvure, gebakte vetkoek, kleurvolle poeding, varsgebakte skyfies en meer wag op besoekers.
Alles, van vleis, gebak tot groente en vrugte sal te koop wees.
Jagpakette sal ook beskikbaar wees en toeka se trekkes sal ten toongestel word.
’n Teetuin sal sitplek bied vir dié met moeë voete en droë kele, terwyl Funky Frogs die jongklomp sal besig hou.
Die markdag word op Saterdag, 26 Oktober vanaf 08:00 tot 12:00 by die Wagondrift-pakstoor buite Hankey gehou.
Die terrein is onderdak en toegang is gratis.
Skakel ds. Hendrik Weyers by 083 256 2910 of Julita Weyers by 083 256 6041. Medewerker