Die gewilde klein-dorpie sanger, Elandré Schwartz, tree vanjaar by die Loerie Nartjiefees op 28 September op. Foto:VERSKAF


SOET, sappige nartjies . . . sangers . . . varsgebak . . . stalletjies . . . feesvure . . .

Besoekers aan vanjaar se Nartjie-fees wat op Saterdag, 28 September by die NG Kerk Loerie plaasvind, kan uitsien na talle stalletjies en optredes deur van die land se gewilde kunstenaars. Kunstenaars wat tydens die gesinsfees optree, sluit in Kurt Darren, Dillon Lerm, Manie Jackson, Elandré Schwartz, Fatman, Leah en Kobus en Karla.

Heerlike plaasprodukte – veral groente en nartjies – etes, tuisgebak, en vrugte uit die Gamtoosvallei sal feesgangers versadig.

Keurige koek en tert is by die koffiewinkel beskikbaar.

’n Hoogtepunt van die dag is die groot nartjie-eetkompetisie wat elke jaar vir baie pret sorg wanneer die moedige deelnemers soveel nartjies as moontlik in ’n minuut probeer baasraak.

Entrepreneurs kan ’n stalletjie (kos- en drinkstalletjies uitgesluit) teen R300 vir die dag bespreek.

Die toegang kos R130 vir volwassenes en R50 vir laerskoolkinders. Hekke open om 08:00.

Vir meer inligting, skakel die Nartjiefeeskantoor by 042 287 0634 of 082 318 6827. Stuur ’n epos na ngkerkloerie@lantic.net of besoek hul web-tuiste by www.loerienartjiefees.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.