Phillip Henn, geliefde akteur, is Woensdag in die ouderdom van 63 oorlede.
Phillip Henn. Foto verskaf

‘n Gedenkdiens vir die ontslape akteur Phillip Henn word op Saterdag 22 November om 10:30 in die Jeffreys Bay Bible Church gehou. Die diens sal per videostroom uitgesaai word.

Die geliefde akteur is op Woensdag 5 November in die ouderdom van 63 oorlede.

Henn, wat vir jare lank ‘n bekende inwoner van Oesterbaai (naby Jeffreysbaai) was, is oorlede weens bloeding op die brein nadat hy by ʼn huis in Oesterbaai geval het. Hy het in Mei vanjaar ʼn hartomleiding ondergaan en het daarna goed herstel.

Hy het veral bekendheid verwerf vir sy rolle as Johann Vorster in Egoli en dr. Chris van Deventer in Binnelanders.

In 2019 het hy sy debuutroman, 500 Myl, uitgegee. Hy was ook ‘n talentvolle fotograaf.

'n Gedenkdiens vir die ontslape akteur Phillip Henn word op Saterdag 22 November om 10:30 in die Jeffreys Bay Bible Church gehou. Die diens sal per videostroom uitgesaai word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article