Geen vervoer vir leerders

TIENTALLE leerders van die Sandwater Primêre Skool in Umzamowethu, Oesterbaai sit sedert die einde van Augustus ge-strand by die huis ná hul jarelange busvervoer onverwags gestaak is.


TIENTALLE leerders van die Sandwater Primêre Skool in Umzamowethu, Oesterbaai sit sedert die einde van Augustus ge-strand by die huis ná hul jarelange busvervoer onverwags gestaak is.

Vroeër is dié jong graad R tot graad 7-leerders, wat tot 21km van die skool op verskillende plase in die omgewing woon, deur ’n ver- voerkontrakteur van hul huise na die skool en terug vervoer. Maar dié diens is summier gestop na ’n leerder noodgedwonge die stuurwiel by ’n beweerde dronkbestuurder moes oorneem, om die kinders veilig by hul onderskeie huise te besorg.

’n Hoogs ontstelde inwoner het ’n foto van die leerlingdrywer geneem, en aan die Oos-Kaapse Departement van Onderwys gestuur, wat dit weer aan die Oos-Kaapse Departement van Vervoer verwys het.

Die drywer is afgedank en skool-vervoer in Oesterbaai is onverwags en summier gestop.

Aldus bekommerde inwoner en ma van ’n graad 2-leerder by Sandwater, Nomelumzi Mhlakaza, is die vervoer sonder waarskuwing ge-staak: “Met hul tasse op hul rug, slaggereed vir skool, moes 70 van die 177 leerders einde Augustus van hul onderskeie bushaltes omdraai en huis toe gaan.”

Die leerders, in verskillende grade tussen R en 7, woon tussen 8km en 21km van die skool af.

“Dit was omdraai of skool toe lóóp. Dit is plaaswêreld dié en van die kinders bly so ver as 21km van die skool,” sê Mhlakaza wat self die lang en moeilike 20km-pad vanaf haar huis na die skool aangepak het, om met die Kouga Express te praat.

Volgens haar bly twintig van dié leerders nou òf by familie in Oesterbaai, òf stap elke dag skool toe – hulle moet al douvoordag opstaan om die lang pad, in wind en reën, aan te pak.

“Na skool, is dit weer die lang pad terug huis toe. En dan moet die moeë jonges nog huiswerk doen. Maar wat van diegene wat nie familie het nie, of nog te klein is om kilometers ver oor heuwels en langs gevaarlike paaie skool toe te stap?”

Mhlakaza sê dat met ’n skamele inkomste, is alternatiewe vervoer wat tot R400 per leerder per maand kan beloop, nie ’n haalbare moontlikheid nie – al wil hulle hoe graag hul kinders skool toe stuur.

VERVOLG OP BLADSY 3

You need to be Logged In to leave a comment.