VERVOLG VAN BLADSY 1
ELF Humansdorp Senior Sekondêre Skool-leerders, wat in Oesterbaai woon, sit ook by die huis sedert die busvervoer gestaak is.
“Ons is baie bekommerd oor die leerders se vermoë om die agt weke se agterstallige skoolwerk in te haal wat hulle agtergeraak het – en steeds agterraak,” sê Mhlakaza.
Die skool en ouers het in Augustus die Oos-Kaapse Departement van Onderwys genader, maar geen alternatiewe busdiens is nog aan hulle beskikbaar gestel nie.
“My grootste vrees is dat die leerders nie gaan slaag nie,” sê Mhlakaza. “Hulle het ’n groot deel van hul akademiese jaar verloor – hoe assesseer jy so ’n kind. Dit begin nou vir ons na ’n onmoontlike taak te lyk – dit gaan vir hulle baie moeilik wees. Ons kinders ver- dien ’n regverdige kans in die lewe, dit is nie nodig dat ’n plaaskind soos sy ouers op die plaas moet werk nie. Die kinders word die kans van ’n opvoeding ontneem. Hulle word van hul grondwetlike reg weerhou.”
Geen kommentaar kon teen druktyd van die Oos-Kaapse Departement van Onderwys of Vervoer verkry word nie.