Geïntegreerde Ontwikkelingsplan suksesvol in Aston

DAAR is verskeie positiewe tekens dat die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) van die plaaslike Kouga-munisipaliteit en die gemeenskap van Astonbaai besig is om momentum te kry.


  • D

Die plan, waarvolgens inwoners van die dorpsgebied deur ‘n gekose raad met die munisipaliteit skakel, toon dat albei partye deur noukeurige samewerking allerlei probleme die hoof bied.

Vir ’n geruime tyd is die behoefte gevoel om vir almal se beveiliging spreiligte in sekere areas aan te bring. Nadat probleme en be-sware uit die weg geruim is, het ’n munisipale span onlangs die werk voltooi.

Die gemeenskap is dankbaar teenoor die burgemeester, Horatio Hendricks, wat vrye-lik met die publiek skakel, die speaker, Hattingh Bornman, en bestuurder: elektriese dienste, Theo Malatt. Dié raadslede, in samewerking met die raad, toon gesonde belang-stelling in die welsyn van die dorp as geheel.

Colleen Dreyer, wat aan die stuur van die Astonbaai-groep se sake is, onderhandel professioneel met die munisipaliteit, en rapporteer gereeld aan die GOP-raad terug. Dit het vir die streek duidelik geword dat georgani-seerde samewerking tussen die owerhede en private inwoners die beste resultate lewer.

You need to be Logged In to leave a comment.