Virginia Baartzes (62), ’n onderwyseres aan die Hankey Primêre Skool heet haar klaskamerdeur ná 37 jaar finaal toegetrek. Foto:VERSKAF


DAAR was baie trane, maar ook die gedeelte vreugde aan dekades se goue herinneringe . . .

Virginia Baartzes (62), ’n onderwyseres aan die Hankey Primêre Skool, het op Woensdag, 31 Julie, haar klaskamer-deur ná 37 jaar in die onderwys finaal toege-trek.

Tyd vir agteroorsit. Onstpan. En meer tyd met haar familie.

Ja, moeilike dae was daar, veral met die veranderinge in die onderwys en kurrikulum, sê Baartzs. Maar sy verruil niks vir die voorreg wat sy gehad het om haar passie vir onderwys uit te leef en leerders te sien ont-wikkel nie.

“Ek is dankbaar teenoor die skool wat my die ruimte gegee het om my passie uit te leef.”

Grenslose passie

Baartzes wou aanvanklik ’n verpleegsuster word, maar het oor die jare besef dat skool haar roeping was – dat dit alles deel was van ’n hoër hand se beskikking.

“Ek het ’n baie groot deel van my lewe in die skoolgange en klaskamers deurgebring. Vandag weet ek dit was alles deel van die doel van my lewe.

“Ek is nie een dag spyt dat ek onderwys my beroep gemaak het nie.”

Baartzes, gebore in Hankey, was ’n oud-leerder van die Hankey Primêre Skool – dieselfde skool waar sy vir die afgelope 36 jaar onderwys gegee het – voor sy graad 12 by die Hoërskool Uitenhage voltooi het.

In 1979 begin sy as student by die Onderwys Kollege in Uitenhage, en in 1982 sluit sy as leerkrag by die Patensie Primêre Skool aan.

Slegs ’n jaar later verskuif sy na die Hankey Primêre Skool.

Hier het sy graad 3- tot graad 7-leerders onder haar vlerk geneem, in onder meer Afrikaans, naaldwerk, sosiale wetenskap, natuurwetenskap en kuns en kultuur.

Hoogtepunte?

“Elke jaar het nuwe leerders en nuwe uitdagings gehad – en daarom sy eie hoogtepunte,” sê sy.

“Dit maak my hart vol as leerders wat deur my hande is, as volwassenes suksesvol is: ’n dokter, onderwyser of verpleegster. Op die einde ding ons nie teen mekaar mee nie, maar teen onsself.”

Volgens Baartzes het sy by die Hankey Primêre Skool die geleentheid gehad om as onderwyser te ontwikkel en te groei.

“Hier kon ek die afgelope jare my passie vir onderwys op vele terreine uitleef. Ek was bevoorreg om saam met kollegas te kon werk wat die belange van die skool op die hart dra en altyd die ekstra myl vir die leerders sal loop.

“Ek sou nie ’n ander beroep as onderwyser wou hê nie. Dit was ’n voorreg om saam met soveel wonderlike ouers, personeel, beheerliggaamslede en leerders te werk. Ek is ook veral dankbaar teenoor my familie wat baie opgeoffer en my altyd ondersteun het.”

Haar raad aan jong onderwysers?

“Onderwys is ’n roeping. Diegene wat dit net as ’n werk beskou, sal dit nie maak nie. As ’n mens jouself tot die onderwys verbind en aanpas by veranderinge, sal jy suksesvol wees.”

Rustig

Baartzes sien baie daarna uit om meer tyd met haar haar man, twee volwasse kinders en kleinkind deur te bring

En ook om met vakansie gaan.

Dan is daar haar talle stokperdjies: brei, lees en koekbak.

You need to be Logged In to leave a comment.