DIE Laerskool Jeffreysbaai is in rou ná die skielike dood van een van sy onderwysers.
Jan Olivier (62), ’n gr. 6-wiskunde-onderwyser by die skool, is vroeg Donderdagoggend is sy slaap dood. Hy het in 2005 as ’n onderwyser by dié skool aangesluit en talle leerders is deur sy hande.
Olivier, wat die afgelope 23 jaar skoolgegee het, was nou betrokke by die Wiskunde Olimpiade en Wiskunde-in-Aksie vir Laerskole. Hy was onlangs ook by die Astro Science-projek betrokke, waarvan vier leerders van die skool deel was.
Skoolhoof Johan Dippenaar sê: “Dit is met groot deernis dat ons van Olivier afskeid neem. Hy laat sy vrou, seun en dogter agter.
“Ons innige medelye aan die Olivier- familie.”
’n Roudiens word op Vrydag, 30 Augustus om 13:00 by die NG Kerk in Da Gamaweg gehou.