Geliefde onnie tree ná vier dekades af

SKOOLKLOK . . . 1 + 1 = 2 . . . Boet en Saartjie . . . Juffrou! Juffrou! . . . Bly stil, asseblief.


SKOOLKLOK . . . 1 + 1 = 2 . . . Boet en Saartjie . . . Juffrou! Juffrou! . . . Bly stil, asseblief.

Ná 45 jaar in die onderwys, lê Elaine van Rooyen van die Patensie Primêre Skool finaal die tuig neer.

Onderwys was van jongs af die loopbaan van haar keuse en die opvoeding van kinders is heelbo op haar lys van prioriteite.

“Dit was vir my die wonderlikste voorreg om aan kinders se karaktertrekke te kon bou tot verantwoordelike volwasse-nes. Met ons opleiding het ons geleer: die kind kom altyd eerste,” sê Van Rooyen.

En sy het dit nooit vergeet nie.

Van Rooyen se onderwysloopbaan het in 1974 by die Hankey Primêre skool begin, waar sy vir ses jaar skoolgegee het.

Hierna sluit sy vir twee jaar by die Laerskool Hankey aan, gevolg deur vyf jaar by die Hankey Sekondêre Skool. Voor haar af-trede na ses jaar by die Patensie Primêre Skool, het Van Rooyen vir ’n jaar die leerders van die Patensie Sekondêre Skool onder haar vlerk geneem.

Haar suksesresep?

“Dit is met ’n dankbare hart teenoor my Hemelse Vader wie my die krag, gesondheid, ywer en ge-duld gegee het,” sê Van Rooyen.

“Lof en eer gaan ook aan my oorlede ouers, Jacobus en Maude Walsh, en my familie vir hulle ondersteuning en die ge-leentheid om myself as onderwyseres te kan be-kwaam.

“Ek onthou tot vandag toe my pa se wyse woorde: ‘Niemand kan geleerdheid van jou wegneem nie. Jy moet eendag op jou eie voete kan staan.’”

Met meer as 45 jaar agter die rug as ’n rolmodel en inspirasie vir haar mede-onderwysers, het die tyd nou aangebreek vir haar om te ontspan en die lewe met nuwe oë te aanskou.

Van Rooyen, wat vandeesmaand haar klaskamerdeur vir die laaste keer agter haar toegetrek het, sê sy sien baie uit na haar aftrede. “Ek sien vreeslik daarna uit om nou al my tyd aan die dinge van die Here, my huishouding, familie en vriende te bestee.

“En om rond te reis.”

You need to be Logged In to leave a comment.