Danie Malan, boer van die plaas Tierhoek, bied sy gewilde sitrusboord-toere ten tyde van die Gamtoos Bash op 15 Junie in Patensie aan. Dit werk só: ’n Groot sleepwa (met bankies en ’n dak) word agter die trekker met Danie agter die stuur gehaak, en dan is dit boorde toe. Híér vertel hy meer van sitrus, en besoekers kan lemoene in die boorde pluk om hul eie sakkie vol te maak. Foto’s:MONIQUE BASSON