Gewigoptel-gogga byt ál harder

Die gewigoptel-gogga byt ál harder op Jeffreysbaai nadat nóg twee leerders van die Laerskool Pellsrus hulle by die afrigter Pieter Pretorius se provinsiale oefengroep aangesluit het.

'n Groep leerders.
‘n Groep leerders. Credit: Verskaf

Die gewigoptel-gogga byt ál harder op Jeffreysbaai nadat nóg twee leerders van die Laerskool Pellsrus hulle by die afrigter Pieter Pretorius se provinsiale oefengroep aangesluit het.

Hulle is Rickyle Leander (10) en Joshwin Rollison (11).

Dit skuif die skool se verteenwoordigers nou op van nege na 11.

Pretorius sê hy was op ‘n oggend besig met ‘n oefensessie in die gimnasium toe Leander en Rollison uit die bloute opgestap kom na hom en vra of hulle by hul spanmaats kan aansluit.

“Omdat my gimnasium taamlik klein is en ek net drie gevestigde lifters op die platform op ‘n slag kan hanteer, moes hulle buite met die 10kg bruin kiddies bars oefen,” vertel Pretorius.

“Deelnemers wat nie plek binne in die gimnasium kan kry nie oefen dan hul tegniek buite. Ek het egter opgelet dat hulle pligsgetrou elke dag oefening toe kom en dat hul tegniek heel skaflik lyk.

“Toe besluit ek om hulle ‘n kans te gee. Waarom dan nie? Jy weet net nooit waar jy ‘n blink nuwe diamant of toekomstige SA kampioen onder hande neem nie,” sê Pretorius.

Hy sê alles gaan oor tegniek, tegniek en nogmaals tegniek.

“Dit is waarom ek so ingestel is daarop. Sonder behoorlike tegniek sal jy nêrens kom in die sport nie. Dis so eenvoudig soos dit. “In Europa is daar gewigoptellers wat soms tot twee jaar met ‘n bar sonder gewigte oefen om hul tegniek te vervolmaak. Dis waarom hulle so goed is.

“By kompetisies gaan Leander en Rollison se senuwees uiteraard knaag, maar as hulle kan bewys hulle het die temperament om dit te bowe te kom, weet ek ons is op die regte pad,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.