Wat begin het as ’n gesprek rondom ’n braaivleisvuur, het ontaard in ’n mark wat ietsie vir almal bied.
Die Milkwood Mark was ’n idee wat gestalte gekry het na Anri Wolmarans en Hannelie van Jaarsveld gevoel het dat dit iets is wat die Jeffreysbaai gemeenskap kan baat.
Hul eerste mark was op 28 Oktober 2017 gehou, en sedertdien het hulle bekend word op hul gereelde plek tussen die Fountains Mall en die GLA skool waar hulle elke laaste Saterdag van die maand mark hou.
“Die mark is grotendeels ’n gemeenskapsprojek, en ons idee met die mark was om ons plaaslike entrepreneurs te ondersteun en dus ook voorkeur te gee aan hul stalletjies. Daar is natuurlik ook stalletjiehouers van buite af, veral wanneer daar groot feeste op die dorp is, maar ons hou van die idee dat ons mark ’n afsetgebied kan wees waar ons plaaslike inwoners hul vars pro-dukte of handgemaakte items kan uitstal en verkoop,” het Anri verduide-lik.
“Te danke aan ons stalletjiehouers en die publiek het die mark die afgelope vier jaar gegroei tot waar dit vandag is en ons is trots om Saterdag 30 Oktober ons vierde verjaardag te kan vier. Ons het ook baie gegroei in die sin van die verskeidenheid produkte wat ons aanbied.”
Die Milkwood-span is ook groot ondersteuners van jong entrepreneurs en moedig kinders aan om die geleent-heid aan te gryp om hul slag te kom wys by die mark. “Ouers wie se kinders entrepreneurs is, is welkom om ons te kontak.”
Saterdag se mark gaan aan liefda- digheidsorganisasies One Village en die DBV die geleentheid bied om fondse in te samel.
One Village, wat vir minderbevoorregtes hulp voorsien, gaan daar wees met R5 boekies wat teen R50 per boekie verkoop word. Hierdie boekies kan aan enigeen wat dit nodig het, ge-skenk word om te ruil vir ’n bord kos of klere by die One Village gebou in Jeffreysstraat.
Die mark begin om 8:00 en hou aan tot 18:00. Buiten die stalletjies gaan daar vermaak, musiek, en demonstrasies wees. Daar is geen toegangsgeld nie. Sien die volledige program op Milwood Mark se Facebook-blad.
Die organiseerders het hul borg Fitch & Leedes bedank vir hul bydrae.