DIE Farmers Guide, in samewerking met Spar, hou vanaf 28 tot 30 Maart ’n fondsinsamelingskou by die Laerskool Hankey.
Skougangers kan uitsien na topvermaak deur van die land se beste kunstenaar, en plaaslike vars groente en vrugte, en kwaliteit-vleis koop.
’n Biertent sal sitplek bied vir dié met moeë voete en droë kele, terwyl plaaslike kunstenaars Angel, MC, Mallie, Therese, Leandra, Vernon, Chris en Eugene die gehoor vermaak.
Die jongspan kan uitsien na trapkarre, verfbal en springkastele, asook Barney, Olaf en Paw Patrol wat die Saterdag vanaf 12:00 tot 14:00 ’n draai by die skou gaan maak.
Andries Vermeulen is op Vrydag, 28 Maart vanaf 19:00 tot 20:00 op die verhoog. Kaartjies kos R120 per persoon.
Op Saterdag, 29 Maart vanaf 12:00 tot 13:00 sal die Mac Comedy Magic Show die lagspiere kielie, terwyl Jan Blom die gehoor op 30 Maart vanaf 19:00 tot 20:00 sal vermaak. Kaartjie kos R120 per persoon.
’n Gholfdag en veiling ten bate van Tharros Child and Youth Care Centre in Hankey vind op Sondag, 30 Maart plaas.
Die Kalahari Orkes sluit die skou vanaf 19:00 tot 20:00 op ’n hoë noot af. Kaartjies kos R120 per persoon.
Toegang is R50 vir volwassenes en R30 vir pensionarisse en kinders.
Vir inligting, besoek die Farmers Guide Facebook-blad, of skakel organiseerder Morné Smit by 062 201 0845.