Hidroterapie die beste vir ‘n verskeidenheid kwale

“In ‘n heerlike verhitte swembad kan ‘n mens bewegings doen wat vir baie met beserings en kwale, onmoontlik is om te doen op vaste land. Daarby masseer die water die hele liggaam. Dit is ontspannend en lig die gemoed,” sê Yolandé Burger, wat al etlike jare se ondervinding het in hidroterapie.

'n Man ontvang rehabilitasie hidroterapie.
Louwrens de Jager (84) en sy dogter Tracy (middel) in die swembad saam met die rehabilitasie hidroterapeut Yolandé Burger. Credit: Veronica Fourie

“In ‘n heerlike verhitte swembad kan ‘n mens bewegings doen wat vir baie met beserings en kwale, onmoontlik is om te doen op vaste land. Daarby masseer die water die hele liggaam. Dit is ontspannend en lig die gemoed,” sê Yolandé Burger, wat al etlike jare se ondervinding het in hidroterapie.

By die swembad by die Poli Clinic op Jeffreysbaai, help sy mense met die rehabilitering van beserings. Haar passie vir dié terapie het begin nadat sy in 1987 rugbesering opgedoen het en fusie is gedoen. Nadat sy elf maande plat op haar rug was, het waterterapie haar gou weer op die been gekry na slegs twee maande. Sy het hierna nie weer opgehou met waterterapie nie.

Internasionale opleiding in rehabilitasie

Yolandé het in Pretoria skoolgehou, na-ure musieklesse gegee, en haar tussen deur gekwalifiseer as hidroterapeut. Sy het haar opleiding in Toronto, Kanada by prof. George Mehale gedoen, en ook plaaslik in Oos London. Sy is ook ‘n internasionaal gekwalifiseerde rehabilitasie eksaminator en opleier. Om in voeling te bly met die jongste navorsing en praktyke, woon sy jaarlikse kursusse by.

Sy spesialiseer in been- en spierbeserings, rehabilitasie voor en na operasies, swanger vroue, sportbeserings van vissermanne tot rolbalspelers, en MS pasiënte. Mense met amputasies baat ook baie by die terapie, en ook dié met hart- en longkwale. “Dokters wat pasiënte na my verwys, is ingenome met hulle vordering!”

Louwrens de Jager (84) en sy dogter Tracy (59) is gereeld by Yolandé in die warm swembad. Hy het ‘n driedubelle hartomleiding gehad en ‘n skoueroperasie. Dié oud-mynkaptein sê: “Ek baat baie by hierdie terapie. Ek beweeg makliker en is nie meer so styf nie. Na ‘n sessie van 45 min is ek maar moeg en moet bietjie rus.”

Ook Tracy, ‘n afgetrede intensiewe sorg verpleegkundige, en nou eiendomsagent, sê sy geniet dit. “Dis baie spesiaal dat ek dit saam met my pa kan doen. Ek versorg hom juis nadat my ma oorlede is.”

Musiek en water in haar are

Yolandé is baie lief vir opera en eintlik al die kunsvorme – drama, dans, ballet, kuns, klavierbegeleiding, gee sangklasse, beoordeel by kunswedstryde. Sy het self aan al hierdie dissiplines deelgeneem en afgerig. Haar twee kinders is ook albei talentvolle musici. Sy het voorheen ‘n musiekskool by haar huis gehad. “Ek wil nog 120 jaar oud word,“lag die vrou met die lewendige blou oë.

Aquathon vir Guinness Book of Records

‘n Aquathon oor drie ure gaan in November by die verhitte swembad by die PoliClinic op Jeffreysbaai gehou word, om ‘n plek in die Guinness Book of Records te kry!

Dis sal deel vorm van die Wêreldwye Watersport Dag op 9 November. Vier-en-twintig lande gaan deelneem, om geld in te samel vir ‘n liefdadigheidsorganisasie van hulle keuse.

“Jy kan 5 of 105 jaar oud wees, mollig of atleties, met enige kwaal of besering en blakend gesond – hidroterapie is voordelig vir almal se liggaam en gees!” sê Yolandé, wat die publiek uitnooi om deel te neem.

Stuur vir haar slegs saans na 20:00 teksboodskappe by 082 877 7640.

Louwrens de Jager (84) en sy dogter Tracy (agter hom) in die swembad saam met die rehabilitasie hidroterapeut Yolandé Burger. Credit: Veronica Fourie

You need to be Logged In to leave a comment.