VERLEDE jaar het Netwerk24, in samewerking met Die Burger,Beeld en Volksblad, asook Cum Laude Media, die grootste nasionale aanlyn wiskundekompetisie in Afrikaans vir hoërskoolleerlinge (gr. 10-, 11- en 12) begin.
Ná vele versoeke is daar besluit om die kompetisie vir laerskole (gr. 6- en 7- leerlinge) aan te bied.
Die uitdunronde het op Vrydag, 3 Mei (laerskole) en Vrydag 10 Mei (hoërskole) plaasgevind.
Zander Adlam (gr. 7) vanVictory Christian School in Jeffreysbaai is die enigste leerder van die Kouga-distrik wat aan die finale ronde deelneem.
Hier is die finaliste van die Wes- en Oos-Kaap.
Hoërskole
- Adri Wessels (gr. 12) van Curro Durbanville
- André Toerien (gr. 10) van Rondebosch Boys’ High School
- Annekin Meyburgh (gr. 12) van Hoërskool Bellville
- Chris Langeveldt (gr. 12) van Hoërskool Strand
- Cobus Smith (gr. 12) van Hoërskool Overberg
- Danie Gouws (gr. 10) van Hoërskool Hermanus
- Danielle Kleyn (gr. 11) van Hoërskool Parel Vallei
- Emil van der Walt (gr. 12) van Hoërskool Jan van Riebeeck
- Emil Schnabel (gr. 10) van Hoërskool Stellenberg
- Gerhard Joubert (gr. 12) van Hoërskool Jan van Riebeeck
- Hansie Barnard (gr. 12) van Hoërskool Punt
- Jean Weight (gr. 11), Curro Hermanus
- Johan du Toit (gr. 12) van Hoërskool Piketberg
- Kayla van Rensburg (gr. 12) van Hoërskool Parel Vallei
- Mia Janse van Rensburg (gr. 12) van Hoërskool Bloemhof
- Michiel Kuhn (gr. 11) van Paul Roos Gimnasium
- Mieke Mulder (gr. 11) van Pearson High School
- Nicholas Sander (gr. 12) van Hoërskool Stellenberg
- Salmo Cilliers (gr. 11) van Hoërskool Stellenbosch
- Zea de Bruyn (gr. 10) van Reddam House Durbanville
Laerskole
- Alet Hitge (gr. 7) van Laerskool Jan van Riebeeck
- Chris Smit (gr. 7) van Courtrai Primary School
- Dawid Adler (gr. 7) van Laerskool Jan van Riebeeck
- Etienne Toerien (gr. 7) van Rondebosch Boys’ Preparatory
- Freddy Carstens (gr. 7) van Augsburg Landbougimnasium
- Gabriël Malherbe Loubser (gr. 7) van Laerskool Piketberg
- Gabriel Telford (gr. 7) van Laerskool Montagu
- Gerda du Toit (gr. 7) van Laerskool Eikestad
- Heinrich Kok (gr. 7) van Laerskool Gansbaai
- Jadon McDonald (gr. 7) van Laerskool Hennopspark
- Jana van Rooyen (gr. 6) van Laerskool Jan van Riebeeck
- Jandré Wessels (gr. 7) van Laer-skool Gericke
- Kean Lodewyk Enslin (gr. 7) van Laerskool Bertie Barnard
- Marizé de Bryne (gr. 7) van Laer-skool Gene Louw
- Mia Grabe (gr. 7) van Kenridge Primary School
- Nalene Visser (gr. 7) van Laerskool Hugo Rust
- Philip Venter (gr. 6) van Courtrai Primary School
- Rigter van Zyl (gr. 6) van Laerskool Robertson
- Thornley Webber (gr. 7) van Laerskool Jan van Riebeeck
- Zander Adlam (gr. 7) vanVictory Christian School
Die eindronde vind op Saterdag 27 Julie by die Hoërskool Brackenfell plaas.
Elke finalis wat dit bywoon, sal R1 000 as aanmoedigingsprys ontvang.