Hond val hardloper in Sandpiperstraat aan

’n Hardloper is verlede week deur ’n hond in Sandpiperstraat, Jeffreysbaai bestorm.


’n Hardloper is verlede week deur ’n hond in Sandpiperstraat, Jeffreysbaai bestorm.

Die dier het eers twee ouer mense bedreig voordat dit die drawwer probeer byt het. Die eienaar van die hond het dit uit die straat verwyder, en toe hy later weer dieselfde gedrag toon, het die hardloper ’n klip na hom gegooi.

Hierop het ’n woordewisseling met die eienaar ontstaan en toe die eienaar gedreig is dat ’n klagte gelê sal word, het hy die man gevloek.

Die hond se eienaar is later op sosiale media geïdentifiseer, maar die drawwer het intussen ’n brief aan die munisipaliteit geskryf en wou nie verder kommentaar lewer nie.

Verskeie nommers by die munisipaliteit was nie beskikbaar vir kommentaar oor regulasies in dié verband nie.

You need to be Logged In to leave a comment.