DIE Humansdorp Dierebeskermingsvereniging, geleë in baie besige informele woongebied op pad na St Francisbaai in Kouga, is besorg oor onwettige aktiwiteite snags op hulle perseel.
Dié toegewyde groep, wat hulle met erns beywer vir die veiligheid van dier – klein en groot – se veiligheidsmaatreëls sluit in ’n alarmsisteem, sekuriteitshekke, skerp ligte, slotte aan die hekke en dierehokke, en ’n personeellid wat op die perseel woon.
G4S, Smhart sekuriteit en KB Special Eye is drie maatskappye wat onbaatsugtig hul dienste daar aanbied. Al meer word gedoen om die diere-slaapplekke te verbeter. Hulle is voortdurend besig met inisiatiewe om geld in te samel vir die belangrike werk.
Die publiek word gevra om hul oë oop te hou vir verdagte persone wat naby die gronde rondhang, en om veral snags aandag te gee as hulle enigiets onwettig hoor of gewaar.