Humansdorp: Hoërskool Nico Malan gryp Vlymskerp-vasvra

DIE Hoërskool Nico Malan het tydens Die Burger ATKV Vlymskerp-vasvra vir 2019 met die louere weggestap.


DIE Hoërskool Nico Malan het tydens Die Burger ATKV Vlymskerp-vasvra vir 2019 met die louere weggestap.

Dié span van Humansdorp, bestaande uit Carli Kleu, Wilmien van Biljon, Tiaan Moore, en Mariche Watermeyer, was vlymskerp toe die eindronde Vrydag by die Laerskool Sunridge in Port Elizabeth gehou is.

Die wenspan het sake teen 18 ander spanne van verskillende skole uitgespook om die eindronde te wen.

Nico Malan se teenstanders in die eindronde was die spanne van die Hoërskool Otto Du Plessis en die Hoërskool Paul Sauer.

Die kompetisie het die leerlinge se kennis in taal, musiek en algemene kennis getoets.

Vrae vir die kompetisie is vanuit die Die Burger Oos-Kaap se uitgawes opge-stel.

Die skool wen R10 000 se advertensies in Die Burger, R5 000 kontant vir die skool, en R1 200 per spanlid.

Die skole wat vanjaar meegeding het is: die Hoër Volkskool, Gill College, Hoërskool Despatch, die Hoërskool Kirkwood, die Hoërskool Cradock, Gelvandale High School, die Hoër Landbouskool Marlow, Pearson High School, die Hoërskool Framesby, die Hoërskool Nico Malan, Grey High School, die Hoërskool Paul Sauer, die Hoërskool Andrew Rabie, die Hoërskool PJ Olivier, Alexander Road High School, Global Leadership Academy, die Brandwag Hoërskool, die Hoërskool DF Malherbe en die Hoërskool Otto du Plessis.

You need to be Logged In to leave a comment.