DIE Humansdorp Mannekoor vier op Saterdag, 19 Oktober om 15:00 hul tiende bestaansjaar met ’n spogtee by die Billy Uithaler-kerksaal.
Clifton Britz en die mannekoor sal besoekers met sang vermaak, terwyl Daphne Booysen die spreker is.
Die mannekoor is op 7 Oktober deur eerw. Gerhard Human (stigter), br. John Albrecht (voorsitter), br. Rhyno Geswint (sekretaris) en br. Ronnie Petersen (koorleier) op die been gebring.
Dié koor hou gereeld bidure vir diegene wat siek is, verjaar of iemand aan die dood moes afstaan.