Johan du Preez (57) was vanaf Humansdorp na Andrieskraal oppad toe hy beheer oor sy silwer Hyundai i10 verloor het. Foto’s:VERSKAF


’n Bekende Andrieskraal-inwoner het verlede Saterdagaand wonderbaarlik oorleef toe hy in ’n ernstige ongeluk net buite Patensie was.

Johan du Preez (57) was vanaf Humansdorp na Andrieskraal onderweg toe hy be-heer oor sy silwer Hyundai i10 verloor het.

“Die voertuig het begin gly en die grensreëling by Ietsie Vergeet getref,” sê hy. “Die motor het deur die lug getrek, en verskeie kere gerol voor dit sowat 100m verder op sy dak teen ’n telefoonpaal tot stilstand gekom het.

“Ek het uitgeklim en langs die motor gaan sit.”

Johan is per ambulans na ’n hospitaal in Humansdorp vervoer, waar hy ’n paar uur later met ’n paar skrape en kneusplekke ontslaan is.

Hy het dadelik twee broodjies geëet toe hy by die huis gekom het.

Hy skryf die ontkoming aan God se genade toe, en die feit dat hy ’n veiligheidsgordel gedra het.

“Die Here het my bewaar,” sê ’n bewoë Johan. “Slegs die gedeelte waar ek gesit het, het tydens die ongeluk behoue gebly.

“Vandag kan ek oor die wonderwerk getuig.

You need to be Logged In to leave a comment.