’n Nuwe lewe wink vir nagenoeg 50 honde en katte wat binne enkele dae ’n liefdevolle huis gevind het. Foto’s:VERSKAF


’N NUWE lewe wink vir nagenoeg 45 honde en katte wat binne enkele dae ’n liefdevolle huis gevind het.

Na die Assisi Dierebeskermings-vereniging (DBV) in Humansdorp op Dinsdag, 23 Maart ’n dringende be-roep op die publiek gedoen het om van dié diere voor die nasionale inperktyd aan te neem, het Kouga inwoners hul harte – en huise – wawyd oopgegooi.

Onder die honde wat vir aanneming beskikbaar was, was agt liefde-volle labrador-hondjies, twee skaap-hond-kruisings, ’n foksterriër-kruising en ’n africanis.

Benewens die tallle honde, was daar agt katte wat almal nuwe eienaars gesoek het.

Bykans al dié diere het in ’n rekordtyd ’n nuwe tuiste gevind. Almal behalwe drie: ’n bejaarde skaaphondteef, ’n jong gemende ras-hond en ’n baba katjie.

Na hernude peidooie op sosiale media het ook hulle enkele minute voor die DBV sy deure verlede Donderdag vir die dag gesluit het, ’n tuiste van hul eie gevind.

Volgens DBV mediabeampte, Natassja Barnard, van die DBV, het hulle probbeer om vir soveel diere moontlik ’n permanente huis te vind.

Volgens Barnard sal die versorging van diere by die organisasie – wat as ’n noodsaaklike diens beskou word – met beperkte personeel voortgaan.

Twee personeellede en ’n veldoffi- sier sal per skof werk.

“Dit neem ongelooflik lank om 40 hokke daagliks te steriliseer, asook om diere uit te vat vir oefening en om hul kos en water twee keer per dag te vervang,” sê sy.

“Ons moes eenvoudig ’n plan beraam.

“Vannaf 25 tot 26 Maart is 29 honde en 14 katjies aangeneem.”

Volgens Barnard is skenkings – geldelike donasies of kos – steeds baie welkom. “Ons liefdadigheidswinkel, ons belangrikste inkomstebron, is gedurende die tydperk gesluit, maar ons sal steeds ons rekeninge aan die einde van die maand moet betaal, asook sa-larisse.”

Vir donasies, stuur ’n epos aan Barnard by media@spcaassisi.com.

Vir inligting, skakel 042 295 2814 of 073 121 8963 (noodnommer). Stuur ’n epos na office@spcaassisi.com.

You need to be Logged In to leave a comment.