MAMMA en pappa se blouoog prins . . .
Die oulike Ivor Jax Slater van Humansdorp het met sy groot blou oë en breë glimlag die beoordelaars se harte gesteel en is vanjaar se Kouga Express Voorblad-Kersfeesbaba.
Ivor, gebore op 15 Mei 2019, is ’n groot vreugde vir sy ouers Karlha en Adie wat me-kaar meer as twaalf jaar terug ontmoet het.
Dié sonstraaltjie het sy opwagting twee jaar na ouboet, MV (3), se geboorte, gemaak. Dít is juis as gevolg van Ouboet se vorige sukses dat hulle hom vir die kompetisie inge-skryf het.
“MV was in 2016 onder die top 10 finaliste in die Kouga Express Front Page Christmas Baby Competition,” sê Karlha. “Ons het gedink, hoekom nie? – Ivor is vir ons die mooiste baba. En natuurlik sy broer.
“Ons is verskriklik trots en gelukkig dat Ivor gewen het.”
Sy beskryf Ivor as ’n baie vriende-like en borrelende kind.
“Hy is nie ’n baba wat van stilsit hou nie. Van kruip wil hy niks weet nie – hy wil net loop.”
Ivor se gunstelingspeel-ding is ’n uil-ratel – een van sy eerste speelgoed.
“Hy is ook baie erg oor ons honde en katte,” sê Karlha. “Hulle moet net fyntrap, of hy keer hulle aan, van Dexter die Jack Russel tot die nuutste toevoeging tot die familie – ’n baba gemmerkat wat uit die bloute by ons voordeur opgedaag het.”
Ivor, wat op ses maande begin eet het, se gunstelingkos is mielies. Vir kiwi sê hy ook nie sommer maklik nee nie.
En wat kan Ivor in sy Kers-kous verwag?
Musiekinstrumente.
Karlha lag: “As dit ’n geluid maak, is hy gelukkig – hoe harder hoe beter.”
Die Slater-familie gaan Kersdag by die huis saam met familie deurbring. En daar gaan behoorlik uitgehang word: Kersboom, Kersversierings, geskenke en tafels wat kreun onder die kos.