JAGTER Slagter Slaghuis vier vandeesmaand die opening van hul tweede tak in Jeffreysbaai – slegs ses maande na die opeing van die eerste slaghuis.
Híér word slegs die heel beste kwaliteit vleisprodukte verskaf, en elke klant geniet persoonlike aandag.
Vir eienaars Hugo en René Kruger, en hul bekwame span, is dit belangrik om met hulle klante te gesels om terugvoering oor pro-dukte te kry.
Raad en voorstelle is altyd welkom.
“Ons doen dit omdat ons net die beste wil verskaf, daarop wil verbeter en om te sien dat ons klante keer op keer terugkom en sommer nog meer vriende saambring,” sê Kruger.
Die goed toegeruste en skoon slaghuis se yskaste en rakke spog met kwaliteit vleisprodukte vir alle geleenthede.
Frikkie Oosthuizen, ervare blokman vir 16 jaar en slaghuisbestuurder, sal seker maak dat klante die snit van hul keuse kry.
Die biltong-afdeling bied alle tipes biltong, droëwors, cabanossi, asook ’n paar spesiale nuwighede wat dit beslis die moeite werd maak om die slaghuis te kom besoek.
Speserye en vleissouse is ook beskikbaar vir daardie ekstra geurtjie.
Dié slaghuis is ook nou betrokke by die gemeenskap en ondersteun verskeie skole en gemeenskapsprojekte.
“Jagter Slagter staan vir eerlikheid, vriendelike diens, netheid en kwaliteitvleis teen billike pryse. Wanneer inwoners lekker wil eet, of ’n braai beplan, moet Jagter Slagter die slag-huis van keuse wees,” sê hy.
Toekomstige uitbreidings sluit in om wegneemetes be-skikbaar te stel.
“Baie dankie aan al ons klante vir hulle ondersteuning die afgelope sewe maande,” sê Kruger. “Dankie aan elkeen van ons personeellede vir hulle harde en toegewyde werk.”
Behalwe vir die slaghuis, is daar ’n dansstudio op die perseel: Elevation Chantell’s Dance Academy. Dansstyle wat aangebied word, sluit in hiphop, Latyns-Amerikaans, disco, salsa, mambo, rock ’n roll en kontemporêre dans.
Híér word ook na die gemeenskap uitge-reik.
Gratis dansklasse sal aan ’n sekere aantal minderbevoorregte kinders aangebied word. ’n Streng keuringsproses sal gevolg word.
Vind Jagter Slagter Slaghuis by Jakarandastraat 7 (Die Vrieskas) en Noorsekloofweg 2 (agter Checkers) tussen 08:00 en 17:30 vanaf ’n Maandag tot ’n Vrydag, en tussen 08:00 en 13:00 op ’n Saterdag.
Vir meer inligting, skakel die slaghuis by 042 940 0022.
Stuur ’n epos na sales@jagterslagter.co.za.
Besoek hul Facebook-blad by Jagter Slagter Butchery.