JBay-krieketspelers kraai koning op die veld

DIE JBay Mentors-krieketklub het die afgelope naweek al drie hulle T20-krieketwedstryde gewen.


DIE JBay Mentors-krieketklub het die afgelope naweek al drie hulle T20-krieketwedstryde gewen.

Die tweede span van JBay Mentors het die Mighty Strikers-krieketklub in die stof laat byt. Die wenspan het hul wenlopies in agt boulbeurte sonder die verlies van paaltjies aangeteken.

Spelers Diaan Coetzer en Calvin Campher het elk drie paaltjies geneem, terwyl Ben Steyn (51 lopies n.u.n.) en Luan Niewenhoudt (35 lopies n.u.n.) as die beste kolwers aangewys is.

Die derde span van JBay Mentors het die Union-krieketklub met een lopie gewen: 161/9 met twee balle oor teen 160/4.

Lanroe Rens het met 81 lopies die grondslag vir die oorwinning gelê, en Matthew Eekhout (1/10 in drie boulbeurte) is as die beste bouler aangewys.

JBay Mentors se vierde span het die Gelvandale-krieketklub met 37 lopies geklop: 160/4 vs 126/5.

Con van der Watt (50 uitgetree) en Deane Rohbeck (40 n.u.n) is as die beste kolwers aangewys.

You need to be Logged In to leave a comment.