TERWYL sommige vakansiegangers en positiewe denke-entoesiaste Jeffreysbaai as ’n utopie van veiligheid en rustigheid wil voorhou, is daar geen rede om te dink dat dit die geval is nie. Baie inwoners wat dekades lank hier woon, sê gedurig: “Jeffreys is nie meer wat dit was nie.” Die sosiale dinamiek het so-danig verander dat inwoners maar op hulle hoede moet wees. Die jongste voorvalle lyk so:

  • Harley Davidson-klublede beroof: Lede van die Steelwings Harley Davidson-motorfietsklub is Vrydagnag in hul chalet by Seaview Resort aangeval en beroof. Die klublede het Vrydag daar aangekom en die aand in die dorp deurgebring. Twee van hulle is om drie-uur Saterdagoggend deur booswigte in hul chalet oorrompel en beseer. Die aanvallers was met messe gewapen en het die vrou met ’n ysterstaaf hoof- arm- en rugbeserings toegedien. Hulle het weggekom met selfone, geld, juweliersware en twee baadjies. Die vrou is getraumatiseerd en met erge beserings na ’n hospitaal in Port Elizabeth vervoer. Die lede vra dat die publiek op die uitkyk moet wees vir die twee baadjies waarvan die een die naam “Kevin” op het. Die saak is by die polisie aangemeld. Een van die lede wou nie kommentaar lewer nie, omdat die gebeure haar sodanig beïnvloed het dat sy navrae na haar man verwys het.
  • Huisgesin byna in hul erf aangeval: ’n Gesin van Mike Herholdtstraat het hul Sondagaand rondom 21:00 byna in kwaaddoeners vasge-loop toe hulle by die huis kom. Bure het die vier oor die heining sien spring om die huismense in te wag. Hulle het die polisie onverwyld geskakel, wat binne drie minute gereageer en saam met ’n patrolliemotor van Smhart-Seku-riteit by die huis opgedaag het. Die huiseienaar sê hulle huis is toegrus met ’n alarmsisteem en veiligheidshekke. Daar is ook honde op die erf. Dit het die voornemende aanvallers egter nie afgeskrik nie en hulle het op die erf geskuil om die eienaars in te wag. Die gesin sê die aangrensende vuil, digbegroeide is ’n skuilplek vir skurke, en hulle maan inwoners om op die uitkyk te wees wanneer hulle (veral snags) hul huise nader. Die vinnige optrede van die buurman en die wetstoepassers het gekeer dat nog ’n gesin ’n blote statistiek word.
  • Telkom-diens laat veel te wense oor. ’n Ge-sin wat meer as twee maande gelede van huise verwissel het, sukkel sedertdien om ’n gewone telefoonaansluiting te kry. Hulle huis het reeds ’n ADSL-lyn in en slegs ’n fisiese aansluiting is nodig. Hulle het alles in hul vermoë gedoen om die aansluiting te kry, maar tevergeefs. Hulle betaal steeds hul kontrakgelde en weet hulle kan vir kontrakbreuk gedagvaar word indien hulle betalings staak. Hierdie is nie ’n geïsoleerde geval nie. ’n Ander inwoner van Astonbaai moes in ’n stadium direk met ’n persoonlike kontak in Pretoria-hoofkantoor ska-kel voordat die plaaslike Telkom-groep hul deel gedoen het. Voordat hoofkantoor hulle aangespreek het, was hulle eenvoudig nie geïnteresseerd nie, omdat “hulle te veel werk het.” Die kliënte is hoogs gefrustreerd oor die saak wat maklik met flink diens opgelos kan word.

You need to be Logged In to leave a comment.