’n Sterk poging is in Jeffreysbaai aan die gang om sy judo-getalle op te stoot.
“Ja, ons werk hard hieraan sodat ons 2026 ’n groot jaar kan maak,” sê die afriger Matt Spears. “Die klub is nie net vir leerders nie, maar ook vir individue wat belangstel om met judo te begin. Dis nooit te laat om ’n begin te maak nie.
“Ek rig tans leerders van die JBay Academy en Whale of a Time Playschool af, maar ons gaan nou ’n uitnodiging aan alle ouers in ons streke rig om hul kinders te bring sodat ons die sport kan versterk. “Alle skole in ons streek is welkom om aan te sluit.

“Ons wil ook vir skole vra om hul deure vir ons oop te maak sodat ons demonstrasies daar by hulle kan hou. “Sodoende behoort ons talle nuwe lede te werf wat ons kampioene van die toekoms kan maak. “Kom leer selfverdediging en kom deel in die opwinding en pret,” sê hy.
Spears sê sowat 30 judoka van die Sarah Baartman Judovereniging gaan op Saterdag 1 November aan die Wes-Kaapse Ope in George deelneem. Hy glo die span is uiters talentvol en kan goeie rekenskap van hulleself gee.
Spears sê die volgende gradering word einde November saam met die MJ’s-toernooi en prysuitdeling in Gqeberha gehou.






You must be logged in to post a comment.