WONDER jy nog altyd waarom mense rolbal speel?
Hier is jou kans om uit te vind.
Maar wees gewaarsku: dit is verslawend.
Op Saterdagoggend, 19 Oktober, bied die Jeffreysbaai Rolbalklub die geleentheid vir enigiemand wat nié aan ‘n rolbalklub behoort nie, om saam met die lede te speel.
Besoekers op die dag, sal saam met ervare spelers in spanne ingedeel en touwys gemaak word.
Daar sal trekkings wees, en na die spel kan almal ’n boereworsrol geniet.
Betrokkenes meld om 08:30 by die rolbal-klub aan, sodat die spel om 9:00 kan begin. Die verrigtinge sal ongeveer tot 12:00 duur.
Belangstellendes moet skoene met gladde sole sonder ’n hak aantrek of andersins kaalvoet speel.
Daar is geen koste verbonde nie.
Skakel Petro Toerien van die Jeffreysbaai Rolbalklub by 082 824 1098 voor Woensdag, 16 Oktober sodat reëlings getref kan word vir die beskikbaarheid van balle.