Die Jeffreysbaai Tuinbouklub.

Foto: Sandra Lessing McCallum

jbay tuinbouklub
Die Jeffreysbaai Tuinbouklub.

Die Jeffreysbaai Tuinbouklub het die klub se jaarlikse verrigtinge afgesluit met ’n kleurryke geleentheid by die Links Golflandgoed op St Francisbaai.

Klublede het die 35ste bestaansjaar van die klub tydens hierdie geleentheid gevier.

Die tema van die dag was “Flowers & Feathers” en almal was getooi in blomme en vere.

Die besgeklede dame was Joan Venter en het met die wenprys weggestap.

jbay tuinbouklub
Joan Venter het met die wenprys weggestap.

Die Tuinbouklub het tans 100 lede en skop weer hul verrigtinge op 4 Februarie 2025 af.

Hier volg ’n paar onderwerpe waarna lede en voornemende lede onder meer kan uitsien: reënwoude in Afrika, redes waarom die mens ’n behoefte het aan tuinmaak, snoei en die maak van steggies, bromelias en lugplante, vertikale tuinbou, radio en joernalistiek.

Uitstappies wat beplan word sluit in Kleinrivier, Elandsrivier, Lombardini, Simboga Leeuplaas, Bayworld en SANPark.

’n Moontlike toer vir 2025 is die Roete 62 toer. Ledegeld vir die Jeffreysbaai Tuinbouklub is R100 per persoon per jaar.

Vir meer inligting kontak Tom op 074 886 9928, Terésa op 082 332 2650, Lia op 083 479 2769 of Anya op 076 381 6318.

You need to be Logged In to leave a comment.