TOP blommekenner en -ontwerper Jill Hoskins deel op 24 Oktober haar vernuf met die Eb Flo Blommeklub in Jeffreysbaai.
Hoskins spog met bykans 40 jaar-ondervinding in die blommekuns en dien tans as die president van die Eastern Cape Floral Art Association (ECFAA). Sy het verlede jaar as be- oordelaar by die Barbados Wêreldblommeskou opgetree.
Haar demonstrasie van ’n African Christmas, wat groot lof by die SA Union Congress in Pietermaritzburg ontvang het, vind om 09:30 by die Seashell Luxury Holiday Apartments in Da Gamaweg plaas. Hoskins maak hoofsaaklik in haar ruikers van verskillende vorme van hout gebruik.
Besoekers is welkom. Die koste is R30 per persoon en sluit verversings in. Vir meer inligting, skakel Cookie Kirston by 082 431 0346 of Theunie Rossouw by 083 524 4271.