Juffrou van formaat lééf vir kleinspan

HAAR stem is skor van die oormag werk, práát met die skoolhou, en sing, maar haar meelewing en pas-sie vir kinders is in volle blom.


HAAR stem is skor van die oormag werk, práát met die skoolhou, en sing, maar haar meelewing en pas-sie vir kinders is in volle blom.

Carla Smit is ’n warrelwind waardeur jy ’n blik kry van ’n wye glimlag, lang, blonde hare en ‘n enorme hart – wat deurdrenk is van liefde vir kinders.

Sy is ’n enkelmamma met uitdagings wat haar reeds sagte hart vermurwe vir die stryd van ander.

Soos gevierde Afrikaanse digter Elizabeth Eybers geskryf het: Ek moes deur baie pyn om mens te word . . . So temper die lewe mens om meer te word.

En dit is waarom Carla se murghart met insig en liefde kan uitreik na die jonges wat sy elke jaar kry om soos klei te vorm.

In die vroeë negentigs het sy afstudeer by Normaal Kollege Pretoria.

Haar pad met skoolhou het 26 jaar gelede begin.

Musiek

Carla is nie net mooi van binne en buite nie, sy is taalvaardig ook en praat Noord-Sotho. Sy is boonop ’n musikant en koorafrigter van formaat.

Toe sy in die noorde gebly het, het sy kore van 80 kinders gehad.

“Dis ’n voorreg om met kinders musiek te maak, want jy is so deel van hulle lyfies en stemme,” borrel sy. “Soos ek ouer raak, word dit lekkerder. Soos die eie ék doodgaan, hoe liewer raak ek vir die onderwys en kinders.”

Haar passie is nie net om klein lewens te vorm nie, maar om in hulle te belê. Nie net kennis nie, maar ’n volronde en omvattende bundel van insig begelei met musiek en – bo alles – tonne liefde en deernis.

Pharos Skool

Carla hou skool by die Pharos Skool wat elkeen se potensiaal wil ontsluit sodat God se doel vir elkeen vervul sal word. “Kinders moet skyn en dit is ons taak om hulle te help om hul passie te ontdek,” meen Carla.

Hierdie passie het daartoe gelei dat sy The Ladies Lighthouse begin het waar weerlose mammas en kinders op hul voete gehelp word.

Safsag en blink – dit is Carla.

You need to be Logged In to leave a comment.