Gewilde plaaslike en nasionale kunstenaars, lipleklekker kos, pret vir die kleinspan, stalletjies en verskeie sportwedstryde… voeg daarby ’n landbouskou en biertent.
Dit, en nog vele meer is wat besoekers kan verwag by die KIA Makietie Kareedouw – die land van melk en heuning.
Hierdie fees gaan by die Paul Sauer Hoërskool sportgronde op 5 en 6 Maart 2021 op Kareedouw plaasvind.
Makietie mede-organiseerder, Wilna Moolman, sê dat die makietie gehou word om die feit dat Kareedouw die Kwêla Dorp van die Jaar vir 2020 titel vroeër vanjaar losgeslaan het, te vier.
“Kareedouw het die kompetisie gewen oor sy mense wat warm en verwelkomend is – wat dit ’n wonderlike plek maak om te bly, werk en ontspan,” aldus Moolman.
“Kareedouw is ’n mense-mense plek, met ’n fantastiese klimaat, van die beste boerewors, unieke heuningbier, ’n geskiedkundige kerk, die oudste dranklisensie in die land en verskeie ander besienswaardighede. Om alles te kroon is dié dorp slegs 8km van die N2, net ’n bietjie oor ’n halfuur se ry van Jeffreysbaai en sowat 60 minute van Plettenbergbaai.
“Die makiete gaan oor die viering van die gees van die dorp en ons sien uit daarna om besoekers van heinde en verre te verwelkom.”
Makietie program
Benewens bekende kunstenaars wat feesgangers gaan laat saamsing en voetestamp, kan sportgeesdriftiges ook uitsien na’n potjie gholf by die Fynbos Gholfklub, en netbal- en rugbywedstryde. Spelers van enige ouderdom mag deelneem.
Om ’n netbal- of rugbyspan in te skryf, ska-kel Muller Moolman by 076 532 1476, of stuur ’n e-pos na moolmanmuller@gmail.com.
Nog iets om na uit te sien is die gewilde karriebier (heuningbier) wat plaaslik gebrou word en ’n groot trekpleister is.
Feesgangers kan ook die landbouskou van nader bekyk en ’n uitstalling deur KIA.
Stalletjie aansoeke
Die organiseerders is op soek na ’n wye verskeidenheid goeie kwaliteit produkte en eetgoed om die makietie op te kikker.
Daar sal ook spasie beskikbaar wees vir uitstallings of aktiwiteite. Aansoeke sluit op 30 Januarie, 2021.
Voornemende stalletjiehouers moet vir Johan Shlechter by 072 020 3713 kontak (slegs WhatsApp) of ’n e-pos stuur na djeschlechter@hotmail.com.
Meer inligting
Kaartjies vir die Vrydag kos R80 vir volwassenes en R50 vir skoliere. Kaartjies vir Saterdag kos R150 vir volwassenes en R80 vir skoliere. Naweek-kaartjies kos R200 vir volwassenes en R100 vir skoliere. Voorskoolse kinders kan gratis bywoon.
Vir meer inligting, stuur ’n WhatsApp na Wilna Mooolman by 082 702 7846, of gaan na die Kia Makietie – Kwêla Dorp van die Jaar op Facebook.
WEN! WEN! WEN!
Kouga Express, saam met KIA Makietie Kareedouw, bied ’n gelukkige leser en metgesel die kans om die Kouga-berge te perd beter te leer ken. Die roete is ’n onvergeetlike 90 minute saam met Boerperd-teler en afrigter, Hercules van Huyssteen van Moria Horse Riding in Kareedouw. Geen ondervinding is nodig. Die prys is ter waarde van R900.
Twee gelukkige wenners kan ook elk ’n stel akrielnaels wen. Die prys, ter waarde van R280 elk, word geborg deur Beauty for You in Kareedouw.
Om in te skryf, doen die volgende:
1. “Like” die Kouga Express en Kia Makietie – Dorp van die Jaar Facebook-blaaie.
2. Antwoord dan net die maklike vragie.